BEPLANNING VAN 'N BEGRAFNIS
Wanneer u 'n begrafnis reël, moet u besluite neem oor:
Voordele wat onder lidmaatskap van die GBA geniet word, is voldoende vir die basiese koste met ‘n begrafnis of ‘n verassing.
Hierdie voordele sluit ‘n lede kis in (uself of u naasbestaandes kry ‘n keuse van kiste) asook die reëlings rondom die begrafnis/verassing en die uitvoering daarvan. ‘n Bedrag (hulpbetaling) wat van tyd tot tyd hersien word, word ook aan die naasbestaandes toegestaan vir ekstra koste soos sang blaadjies, graf- of kremasie koste en kerk koste (predikant, orrelis en koster). Hierdie bedrag is in die meeste gevalle voldoende, maar indien dit oorskry word, moet die verskil deur die naasbestaandes inbetaal word. Die GBA verskaf geen voordeel ten opsigte van blomme of die oprigting/afhaal van ‘n grafsteen nie. Sou ‘n liggaam vervoer moet word, is 160 km. gratis.
Ons bied wel 'n kleed vir die oorledene om aan te trek, maar u as gesin is baie welkom om klere saam te bring. Onthou asseblief dat die klere wat u saambring gemaklik is, miskien 'n gunsteling hemp en broek of rok, ens.
Om te reël vir 'n besigtiging, is en bly die gesin se keuse.
Dit kan gereël word om by ons kantoor of by die kerk plaas te vind (indien die kerk toestemming gee).
Ons beveel ten sterkste aan dat ten minste een familielid die oorledene op die dag van die begrafnis identifiseer, sodat die gesin die sekerheid sal hê dat die persoon in die kis hul geliefde is.
Om iemand anders en selfs u eie hartseer te verstaan, kan redelik moeilik wees, daarom gee ons ons lede literatuur oor die verlies van 'n geliefde. Vra asseblief vir hierdie produk as u ons kantoor besoek. Dit is gratis.