GBA REGULASIES
- KONSTITUSIE EN REGULASIES
- Die Assosiasie se naam is die Groep-Begrafnisassosiasie wat as GBA sake sal bedryf.
- Die GBA is bevoeg om in sy eie naam eisend en verwerend op te tree.
- Die geregistreerde kantoor van die GBA is 217 Rondebult Diensweg, Farrar Park, Boksburg.
- Alle betalings verskuldig deur of aan die GBA geskied in die betaalmiddel van die Republiek van Suid-Afrika by die GBA se geregistreerde kantoor, met dien verstande dat die bestuur betalings by enige ander plek op sulke voorwaardes as wat hy goedvind, kan laat doen.
- Die GBA is geregistreer as ’n Onderlinge Hulpvereniging by die Raad op Finansiële Dienste – FS 13/8/445.
- INWERKINGTREDING VAN REGULASIES
- Hierdie regulasies tree op 1 September 2025 in werking en vervang alle vorige regulasies en wysigings daarvan.
- WOORDOMSKRYWINGS
- In hierdie regulasies het alle woorde wat in die Wet omskryf is die betekenisse aldus daaraan geheg …
- Afhanklike beteken een gade van ’n lid asook ’n lid se kinders of pleegkinders.
- Opbetaalde ouderdom is 63 jaar en alle lede – ongeag op welke wyse hulle lidmaatskap bekom het – betaal tot op hierdie ouderdom ledegeld.
- Raad beteken die Raad wat kragtens reg. 26 gekies is.
- Dagbestuurslede beteken die Dagbestuur wat kragtens reg. 31 gekies is.
- Opleidingspersoneel beteken doserende- en administratiewe personeel werksaam by staats- en staatsondersteunde skole, tegniese kolleges, technikons, universiteite en onderwyskolleges.
- Predikante beteken geordende predikante wat deur hulle spesifieke denominasies afgesonder is vir die bediening van lidmate.
- Diens beteken werk vir Transnet (soos omskryf in 3.17), die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die GBA, opleidingspersoneel en predikante.
- Gade beteken ‘n enkel eggenoot/note met wie daar ‘n wettige huwelik gesluit is.
- GBA beteken Groep-Begrafnisassosiasie.
- Geskeide beteken ‘n geskeide man/vrou wat kragtens reg. 8.2 lid geword het nadat hy/sy geskei is.
- Hoofbestuurder beteken die Hoofbestuurder wat kragtens reg. 30 aangestel is.
- Kind beteken ‘n kind van ‘n lid …
- Kontrakteur beteken ‘n begrafnisondernemer met wie die GBA ‘n ooreenkoms aangegaan het om dienste namens hom te onderneem.
- Lid beteken ‘n persoon wat lid van die GBA geword het en nie sy lidmaatskap verbeur het nie.
- Pensioenarisse – persone bo die ouderdom van 60 jaar word as pensioenarisse gereken …
- Transnet beteken alle vertakkings van Transnet Beperk en sy filiale …
- Weduwee-/wewenaarlid beteken ‘n weduwee/wewenaar wat kragtens reg. 8.1 ‘n lid geword het by die afsterwe van haar/sy gade.
- Wet beteken die Wet op Onderlinge Hulpverenigings, 1956 (Wet nommer 25 van 1956) soos gewysig …
- Wagtydperk is die tydperk wat moet verloop vanaf die aansluitingsdatum vir die lid sowel as haar/sy afhanklikes.
- Begrafnisse kan ook verassing/s beteken en andersom.
- DOELSTELLINGS
- Die doelstellings van die GBA is om:
- Ledegeld van lede te vorder en van tyd tot tyd te wysig;
- Self of deur middel van kontrakteurs die begrafnisse/verassings van lede en hulle afhanklikes te onderneem;
- Kontantwaarde ingevolge reg. 19.1, 20 en 25.2 by die afsterwe van lede en hulle afhanklikes waar begrafnisse nie deur die GBA of sy kontrakteur onderneem is nie, te betaal; en
- Voordele aan die lede en afhanklikes van die Onderlinge-Spoorwegbegrafnishulpvereniging wie se name tydens die samesmelting in die registers voorgekom het, en lidmaatskap nog nie verval het nie, toe te ken.
- Die doelstellings van die GBA is om:
- LIDMAATSKAPGESKIKTHEID
- Die volgende persone kan in aanmerking kom vir lidmaatskap van die GBA:
- ‘n Persoon in diens van Transnet of die Suid-Afrikaanse Polisiediens, opleidingspersoneel, predikante, inwoners van Gauteng en werknemers van die GBA.
- ‘n Lid se kind en/of pleegkind ooreenkomstig reg. 7.1.
- Die wewenaar van ‘n gestorwe lid, ooreenkomstig reg. 8.1.
- Die kind van ‘n afgestorwe lid, ooreenkomstig reg. 9.1.
- Die geskeide gade van ‘n lid, ooreenkomstig reg. 8.2.
- ‘n Lid se kind wat onafhanklik is …
- ‘n Wewenaar pensioentrekker onder 60 jaar …
- ‘n Wewenaar pensioentrekker oor 60 jaar …
- Pensioenarisse …
- Familielede van bestaande lede.
- Indien ‘n lid wat voorregte vir sy gade ontvang het, weer in die huwelik tree nadat hy die ouderdom van 60 jaar bereik het, sal daardie gade nie as afhanklike geregistreer word nie …
- Alle persone bo die ouderdom van 60 jaar …
- Die volgende persone kan in aanmerking kom vir lidmaatskap van die GBA:
- AANVAARDING VAN LEDE
- Alle voornemende lede moet ‘n aansoekvorm voltooi en onderteken.
- Die bestuur kan ‘n aansoek aanvaar of van die hand wys.
- As ‘n aansoek goedgekeur word en die ledegeld betaal is, word ‘n regulasieboek uitgereik …
- Indien ‘n persoon oor dubbel lidmaatskap beskik …
- KINDERS WAT BEGIN WERK, IN DIE HUWELIK TREE, STUDEER OF DIE OUDERDOM VAN 21 JAAR BEREIK
- Voordele verval wanneer ‘n kind vaste werk aanvaar, trou of 21 jaar bereik …
- Hierdie reël is ook van toepassing op lede van die Onderlinge-Spoorwegbegrafnishulpvereniging se kinders.
- WEDUWEE-/WEWENAARLEDE EN GESKEIDE LEDE …
- As die lid te sterwe kom, kan sy gade lidmaatskap voortsit …
- As ‘n lid skei, verval die afhanklike gade se voordeel …
- As ‘n weduwee of geskeide lid weer trou …
- Indien die gade van ‘n weduwee 36 jaar of ouer is …
- Die gade wat 36 jaar oorskry …
- WEESKINDERS
- As albei ouers van ‘n kind te sterwe kom …
- VOORTDURING VAN LIDMAATSKAP BY DIENSVERLATING
- As die lid voor aftree-ouderdom die diens verlaat …
- WANNEER LIDMAATSKAP EINDIG
- Lidmaatskap verval wanneer ledegeld drie maande agterstallig is …
- Geen eis word erken tydens verval nie.
- Herstel van lidmaatskap …
- INSKRYWING VAN AFHANKLIKES
- ‘n Lid is daarop geregtig om pleegkind of afhanklikes in te skryf …
- Gesertifiseerde afskrifte van huweliksertifikate en geboortesertifikate word vereis.
- INWERKINGTREDING VAN LIDMAATSKAP
- Lidmaatskap tree in werking nadat die eerste betaling ontvang is …
- LEDEGELD
- Bestaande lede betaal R40 per maand …
- Ouderdomskategorieë:
36–40 jaar: R61 p/m
41–45 jaar: R80 p/m
46–50 jaar: R106 p/m
51–55 jaar: R165 p/m
56–60 jaar: R400 p/m
Bo 60 jr: R13 500 (eenmalig) - Alle lede betaal ledegeld tot maand waarin hulle 63 word.
- Geen terugbetaling indien afhanklike reeds 63 jaar was tydens afsterwe nie.
- BETALING VAN LEDEGELD
- Ledegeld is betaalbaar voor of op die eerste dag van die maand.
- Betaling mag vooruit geskied via EFT, kontant of debietorder.
- HEFFING
- Die Raad kan algemene of spesiale heffing oplê op aanbeveling van die Aktuaris …
- VOORDELE
- Voordele slegs vir lede en genomineerde afhanklikes.
- Na ontvangs van bewys van dood word voordele soos in reg. 18–25 betaal.
- BEGRAFNISSE, VERVOER EN DIENSTE
- Begrafnisse sluit in: hantering van begrafnis, ledekis, ens.
- Vervoer binne 80 km sluit in: verwydering, lykswa, ens.
- Uitvoering sluit in: registrasie, grafreëlings, kis, lykswa, ens.
- Dienste teen betaling: sangblaadjies, koerantkennisgewing, duurder kis, grafkoping, ekstra vervoer.
- STERFTES BUITE OMSKRYFDE GEBIED
- Uitbetaling skaal:
Volwassene: R8 000
Twaalf jaar en ouer: R8 000
Doodgeboorte / 0–12 jaar: R3 050 - Rekening van hoogstens R3 000 vir kinders 0–12 aan kontrakteur.
- Lid/vertegenwoordiger besluit oor kontrakteur en reëlings.
- Uitbetaling skaal:
- HULPBETALING
- R3 000 by afsterwe van lid/gade/kind 12 jaar en ouer.
- R350 by afsterwe van kind onder 12 jaar, inklusief stilgeboortes.
- Koste aan GBA kan van hulpbetaling afgetrek word.
- LEDEKIS-SPESIFIKASIES
- Volwasse kis: hout, 22mm, gepoleer, 6 handvatsels, 2 versierings, naamplaat, ens.
- Kind onder 14: wit kis, 4 handvatsels, 2 versierings, naamplaat.
- Binne-uitvoering en lykkleed.
- Ander kiste beskikbaar teen ekstra betaling.
- Spesifikasies kan verander word deur bestuur.
- MISKRAAM
- Geen voordele by miskraam toegestaan nie.
- GRAFSTENE
- Die GBA rig nie grafstene op nie en gee geen voordeel vir oprigting nie.
- VERASSING
- ‘n Liggaam kan opdrag van lid/vertegenwoordiger veras word.
- ONDERLINGE-SPOORWEGBEGRAFNISHULPVERENIGING
- Lede en afhanklikes is gebind aan die oorspronklike konstitusie met wysigings vanaf 1 Januarie 1978.
- Indien nie van GBA se dienste gebruik gemaak word nie: slegs kontant gelyk aan hulpbetaling (reg. 20).
- Indien ook lid van GBA: voordele ooreenkomstig reg. 19.1 en 20 betaalbaar.
NOTA: Die voorafgaande regulasies 1 tot 25 het betrekking op lede en hulle afhanklikes. Regulasies 26 tot 48 handel oor administratiewe sake en is by die GBA se geregistreerde kantoor ter insae.